’n 20-jarige stapper is veilig huis toe nadat reddingspanne hom ná ’n uitmergelende 14 uur van ’n steil krans bo Nuweland op Tafelberg gered het.
Koning Charles III sê sy seun Harry en dié se vrou, Meghan, moet nie as ‘werkende lede van die koninklike familie’ beskou word nie nadat hulle van Amerika na Brittanje teruggekeer het.
Die bekende countrysanger Tommy Dell (84), wat ná ’n motorongeluk by Mbombela in die waakeenheid van ’n hospitaal behandel word, se toestand was Maandagmiddag ‘meer stabiel’.
Kevin Pietersen gaan vir die eerste keer sedert sy uittrede in 2014 weer by die Engelse krieketspan betrokke raak.
Die hoof-getuienisaanvoerder in die geregtelike ondersoek na die dood van Steve Biko in 1977 het Maandag teenstrydighede in die getuienis van Daantjie Siebert uitgewys.
Morné “Krappie” van den Berg gaan in Saterdag se beslissende vierde toets in die Greatest Rivalry-reeks die nr. 9-trui vir die Springbokke teen die All Blacks dra.
Pres. Cyril Ramaphosa erken dat Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie so laag is dat baie mense nie eens meer misdade aanmeld nie omdat hulle glo “die polisie sal niks daaraan doen nie”.
Rusland sluit nie die moontlikheid van nuwe, drieledige samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die voortslepende oorlog uit nie. Hierdie aanduiding kom ná ’n diplomatieke blitsbesoek deur Amerikaan ...
Sewe van die agt mense wat verbind word met die diefstal van bykans R10 miljoen se elektrisiteit van die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng sal nog ’n week in aanhouding bly.
Die hanteerfout wat uitgewys is ná die skeidsregter ’n strafdrie en kaart wou toeken, was ’n keerpunt in hul Curriebeker-halfeindstryd teen die Pumas, sê Frans Steyn, hoofafrigter van die Cheetahs.
Minstens 12 skole in Beaufort-Wes in die Sentrale Karoo is vir Maandag en Dinsdag gesluit nadat die Gamkarivier sy walle oorstroom het en die hoofwaterpypleiding weggespoel is.
Vusimuzi (Cat) Matlala, sy vrou, Tsakane, Musa Kekana, Floyd Mabusela en Nthabiseng Nzama was Maandag terug in die hooggeregshof in Johannesburg.